News

What’s in your picnic basket?

Remember to add our wines to your perfect picnic basket, Nancy Hoepner  – Magpie Creative recommends you do.

Read more about your perfect picnic basket on eatblog.com

 

We are in the October-November issue of “Fynproe” a wine magazine.

Here is what they had to say:

Wat’s in ‘n naam? Dink gerus weer, want name kan misleidend wees. Aan die voetheuwels van die Langeberg wat op dié plaas as die Blouberge gedoop is, word daar ook dikwels verwys na Tierberg, Orrelkop en Kranskop. G’n wonder ek’s deurmekaar toe ons die klowe in vaar met ‘n 4 x 4, ‘n reuse swart hond byt byt aan die agterwiel en die storie oor Wolfkloof nie…

“Dis eintlik hiënas wat doerie tyd bespeur is en toe sommer wolwe geraak het,” vertel Jan Kannemeyer, een van daardie mense wat jou opnuut laat besef hoekom so baie stadsjapies ‘n paar honderd kilometer aflê om uit die stad te ontsnap.

My verbeelding het op loop gesit, moes ek erken, toe ek hoor van ‘n kelder met die naam. Ek kon nie anders as om te dink aan Derby in die Engelse Middellande waar weerwolwe, spoke en ander onnatuurlike verskynsels glo  redelik algemeen gevind word nie. Met ‘n naam soos Wolfkloof, hoe dan anders?

“Ek hou van oorspronklike dinge. Daarom het ons die plasie (‘n beskeie 360 ha waarvan 13 ha beplant is met druiwe, pruime, appelkose en perskes) so gedoop,” gesels die man wat nie ‘n bietjie trots is op sy enkelwingerd Merlot 2006 nie.

“‘n Merlot in Robertson?” vra ek.” Als te doen met die terroir” verduidelik hy met ‘n wuif van die hand terwyl hy my die blokkie self gaan uitwys deur ‘n nou paadjie met fynbos, proteas en aalwyne in blom. Tussen deur kry ek’n gratis inligting sessie oor die berge, klowe en ruens se name waar ons verby ry.

Daar’s niks romanties aan die feit dat Merlot die enigste druifsoort is waarin Jan spesialiseer nie – soos byvoorbeeld Jan en sy vrou Ronel se ontmoeting met wyn nie. Die klimaat, ligging, aspek en grond was sy enigste oorweging toe hy besluit om die Merlot-stokkies in die blok te plant met sy helling wat van noord-oos val na ‘n suid-westelike aanslag. Gemeddeld haal hy so 6 ton/ha af wat uiteindelik ongeveer 3 2OO bottels wyn maak.

Click here to download PDF for the full story.